Philadelphia is a small village 40km north of Cape Town. It has roughly 400 residents, a police station, 2 schools, a large graveyard, a handful of shops, 2 churches and 2 restaurants. And now it has its first digital newsheet: The Philadelphia Bugle: providing insight, facts and opinions about this tiny town tucked away amongst the fields and vineyards.

Saturday, May 23, 2009

Development pressure, subcriptions, crime and security: Philadelphia Ratepayers' Association update

Philadelphia as a small, safe, tranquil, neat , prosperous , organised and pretty village is a common vision amongst all of us that have chosen to make our homes, work and  businesses here. Individual priorities, circumstances and tastes means there are many right ways to maintain this condition; and to direct inevitable growth and changes to our town so that its good qualities are enhanced rather than lost for good.

Your individual input is essential. Get involved, say something. 

Here's an update sent out by the Philadelphia Ratepayers' Association, Philadelphia Belastingbetalersvereniging (PBV) on the 10th of May 2009. We encourage you to leave comments on this blog. 


 PHILADELPHIA BELASTINGBETALERSVERENIGING

PHILADELPHIA RATE PAYERS ASSOCIATION

PO Box/Posbus 62, Philadelphia, 7304

 6 Gerf Street, Philadelphia, 7304 / Gerfstraat 6, Philadelphia, 7304

 

Gerrit Boonstra, (chairman-voorsitter), prof.Hennie de Kock (Vice Chairperson/ Onder-Voorsitter), Pieter Theron (Secretary/Sekretaris), Madelein Roets (Treasurer/Tesourier), dr. Renier van der Merwe, Klasie Afrikaner, Andries Afrikaner en Neil Smith, bykomende lede  

NUUSBRIEWE

Met die PBV se tweede Algemene Jaarvergadering op 6 November 2008 is die volgende lede gekies om op die Bestuurskomitee vir 2008/2009 te dien:

 

OU DORP: Madelein Roets en Renier van der Merwe

MEULENHOF: Klasie Afrikaner en Andries Afrikaner

NUWE DORP: Angela van Zyl en Hennie de Kock

HELE DORP: Pieter Theron en Gerrit Boonstra

Nadat Angela van Zyl (nuwe dorp) weens persoonlike redes uit die bestuurskomitee bedank het, is Neil Smith (nuwe dorp) verkies.

 

 

NAAM

POS

ADRES

SEL

E-POS

LANDLYN

Gerrit Boonstra

Voorsitter

Gerf 6

084-2054-315

gboonstra@theweb.co.za

021-9721326 (h)

Hennie de Kock

O-voors,

Hoofweg 7

082-851 8324

hcdk@telkomsa.com

021-9721601(h)

Pieter Theron

Sekr.

Pastorie-laan 58

082-338 7865

cancopy@polka.co.za

021-9721707 (h)

Madelein Roets

Tesourier

Louw

082-877-0440

 madelein@direct-mail.co.za

021-9721743 (h)

Renier vd Merwe

Add. lid

Louw 1

072-8735-803

vsteenkamp@telkomsa.net

021-5571386 (w)

021-9721832 (h)

Neil Smith

Add. lid

Gerfstr 32

082-455-1889

njsmith@mweb.co.za

021-9721181(h)

Andries Afrikaner

Add. lid

Baken 8

geen

geen

 geen

Klasie Afrikaner

Add. lid

Baken 7

geen

geen

021-9721705(h)

 

 

LIDMAATSKAP

 

The annual membership fee of R60 per person are now (over-)due.  You will receive an application form - the detail are  to make communication by  SMS and e-mail easy. If you don’t have a  copy of the Association’s  constitution, please  ask it.

If you have not renewed your annual membership, please do so urgently by contacting any committee member. We will gladly give information about the PRPA and our and projects.

Ons het verlede jaar afgesluit met 57 lede en wil graag hê elke huiseienaar en sake-onderneming moet lid word.

Begin Mei was daar heelwat lede van 2008 wat nog nie hulle lidmaatskap hernu het nie. Slegs lede sal ons NUUSBRIEWE ontvang en inligtingvergaderings kan bywoon.  As u nog nie aangesluit of hernu het nie, skakel asb. spoedig met enige van die bostaande bestuurslede.

 

 

ONTWIKKELINGSDRUK

Daar is aansienlike ontwikkelingsdruk in ons omgewing. Dit bedreig ons landelike leefwyse ernstig en vereis voortdurende waaksaamheid. Die volgende is van die mees onlangse gebeure:

 

* BOTERBERG – EERS WOONBUURT EN NOU MYNBOU

Die behuisings-aansoek word nog steeds deur die Provinsiale Regering oorweeg. Intussen het daar ‘n kinkel in die kabel bygekom deurdat ‘n mynmaatskappy aansoek gedoen het vir mynregte op dieselfde stuk grond! Die PBV het die inligtingsvergadering die Vrydagoggend voor Paasnaweek by die Peppertree bygewoon en as ‘n belanghebbende party geregistreer. Die dokumentasie vir beide bostaande sake is in die Poskantoor/Winkel te lees.

 

* NUWE VULLISSTORTINGSTERREIN OP BOTTELFONTEIN: 

Dié plaas Bottelfontein lê op die R302 (die Klipheuwel-Malmesbury-pad) ongeveer by die Klein Wolwedans afdraai, maar is sowat 7 km oos van ons dorp soos die kraai vlieg.  Die nuwe stortingsterrein sal eventueel die een by Vissershok vervang. Die saak sloer amper tien jaar en daar is wyd aanvaar dat die aanleg naby Atlantis sou kom. Net na die Paasnaweek het die minister aangekondig dat dit op Bottelfontein kom (misleidend word dit die Kalbaskraal-terrein genoem). Ons verneem daar is groot boere wat dit teenstaan.  U vereniging het ‘n brief gerig aan die minister om onduidelikhede op te klaar rondom die roete wat die vragmotrs sal volg.  Sou dit op die R304 deur ons dorp wees, ht dit ernstige implikasies.  Daar is ook ‘n moontlikheid van plakkers as die reëls nie streng toegepas word nie.

Hoewel die Bottelfontein-terreinstudies lank voor die PBV se stigting plaasgevind het, het ons dit opgespoor en bestudeer ons dit nou met ‘n vergrootglas. Ons het ook ‘n afksrif van die Minister se amptelike verklaring, met al die voorwaardes en motiverings.

 

*MALMESBURY AVIATION ESTATE: Ook hier het ons die vergadering bygewoon, as belanghebbende party geregistreer en ook skriftelik kommentaar gelewer. Die probleem hiermee is geraasbesoedeling. ‘n Gelisensieerde lughawe, sowat 20 km van ons soos die kraai vlieg, ook op die R302, maar nader aan Malmesbury, word beoog. Nie alleen word ‘n ontwikkeling vir 190 ligte vliegtuie beplan (wat oor ons koppe rondvlieg op besigtigingstoere) nie, maar met ‘n geteerde aanloopbaan  van 1,8 km lank, is die ware bedoeling blykbaar ‘n kommersiële lughawe.

 

* ANDER: Daar  is voortdurende planne van ontwikkelaars, soos bv vir huise op Tierhoogte reg langs die dorp, vir kleinhoewes op Klipvlei, ens. Dan is daar nog die behoefte vir sub-ekonomiese behuising in Meulenhof en die opruiming van die Fonteinehuisies. Ons sal lede op hoogte hou.

 MUNISIPALE SAKE :

Philadelphia is in die onbenydenswaardige posisie dat hy so klein en onbelangrik is, dat ons hard moet raas om die munisipaliteit so ver te kry om aandag te gee aan ons behoeftes.  Verlede jaar het ons skriftelike “woorde-oorlog”  ons nêrens gebring nie. Vanjaar is ons strategie om te onderhandel in plaas van dreig en eise stel.

Die Bestuurskomitee het op 6 Mei met Claude Ipser en Dennis Smit, onderskeidelik die stadsraadslid en die hoofamptenaar vir ons subraadswyk (7) vergader. Die sake wat ons onder hulle aandag gebring het, is:

* Die dorpsingang : a. ‘n voetgangeroorgang; b. verkeerskalmering op die R304 deur die dorp sodat voertuie gedwing word om stadig te ry; c. die dorpsingang se verfraaiing en die skep van ‘n eie identiteit.

* Hulp aan Meulenhof-inwoners om eienaarskap van hulle huise te kry, asook  die bou van nog sub-ekonomiese huise om die behuisingsnood te verlig;

* Die gebrekkige toepassing van gesondheidsreëls en die gevolglike vlieëplaag;

* Die vryskelding van rioolbetalings;

* Die dorpsnetheid, wat insluit die verskaffing van houers vir tuinvullis, bottels, plastiek, papier ens. vir herwinning, sook die gereelde skoonmaak en opruiming van strate, slote, oop ruimtes, ens.

* Toeganklikheid van munisipale amptenare om vinniger aandag te skenk aan probleme en om dienslewering te verbeter.

 

VEILIGHEID EN DIE SAPD:

 

Streng gesproke is dit nie ‘n doelstelling van die PBV nie, maar met die toename in inbrake het baie inwoners ons versoek om die leiding te neem om ‘n vergadering te reël om te bespreek watter maatreëls inwoners kan tref om hulself te beveilig en wat ons van die SAPD kan verwag.  Ons het samesprekings met die nuwe stasiebevelvoerder, kapt. Frederik Rossouw, gevoer en hy is baie gretig om die Gemeenskapspolisieforum (GPF) te laat herlewe. 

Hy is te vinde om ‘n openbare vergadering te hou. Die kernvrae is: (1) is  die SAPD bereid om die hele dorp op ‘n gereelde, vaste en gestruktureerde basis te patrolleer, verkieslik te voet en (2) kan daar ‘n wettige forum geskep word waarin die gemeenskap en polisie doeltreffend saamwerk om misdaad te voorkom én op te los, en (3) wat is nodig in terme van mannekrag en finansies om dit moontlik te maak? (4) Sou inwoners  ‘n Buurtwag stig, wat is die PBV se rol daarin?

 

 ANDER:

Daar is ander sake wat deurlopend aandag kry, waaroor in volgende Nuusbriewe terugvoer gegee sal word.  Enige lid is baie welkom om voorstelle te maak – veral as dit saamgaan met praktiese raad oor hoe dit uitgevoer kan word. 

Uit bostaande behoort dit duidelik te wees dat daar baie kwessies is wat namens die inwoners hanteer moet word. Die dorp het nie ‘n dorpsraad of betaalde amptenaar wat dit doen nie.

Alles wat gedoen word om ons dorpsake te beredder, word deur vrywilligers gedoen, heeltemal sonder enige vorm van vergoeding.  Ons beskik oor uiters beperkte hulpbronne in terme van mense met tyd, met kennis en die ywer. Nodeloos om te sê dat ons finansies beperk is tot elke lid wat jaarliks sy /haar ledegeld van R60 betaal.  Dit moet net een keer noodsaaklik wees om ‘n professionele kundige se hulp in te roep en al ons fondse is uitgeput.  Dit het ons nou eerstehands gesien met die hulpeloosheid van Malmesbury en omgewing se mense (hulle het nie eens ‘n Belastingbetalersvereniging nie) om ‘n ontwikkeling  te beveg wat deur die Arabiese Emirate gefinansier word.

 

DOEN DUS DIE REGTE DING EN SLUIT AAN AS LID.

 

Die kennisgewingbord op die poskantoor/winkel se stoep, behoort aan die PBV. Ons sal voortaan gereeld nuus en inligting daarop vertoon.

 

Mei 2009

No comments:

Post a Comment

What do you think? Have your say on this posting and add a comment here-

Blog Archive

Followers