Philadelphia is a small village 40km north of Cape Town. It has roughly 400 residents, a police station, 2 schools, a large graveyard, a handful of shops, 2 churches and 2 restaurants. And now it has its first digital newsheet: The Philadelphia Bugle: providing insight, facts and opinions about this tiny town tucked away amongst the fields and vineyards.

Sunday, May 24, 2009

Waiter, there’s a fly in my soup….another, and another…

Philadelphia’s fly plague is relentless. No amount of flytraps hanging in the garden, Coopermatic devices, industrial grade electrical shockers, citronella candles and rolled up newspapers seems to diminish their numbers.

Municipal sewerage being used on fields near town appears to be the primary cause of this abnormal proliferation of pests.

The PBV’s corresepondence to the Health Department follows:


PHILADELPHIA BELASTINGBETALERSVERENIGING

PHILADELPHIA RATE PAYERS ASSOCIATION

 

PO Box/Posbus 62, Philadelphia, 7304

 6 Gerf Street, Philadelphia, 7304 / Gerfstraat 6, Philadelphia, 7304

_____________________________________________________________________________________________________

 

Per e-pos aan: reinhardt.avenant@capetown.gov.za.

 

Mnr Reinhardt Avenant

Brackenfell Gesondheidsentrum

Posbus 35

Brackenfell

7561

 

15 Mei 2009

 

Geagte Meneer Avenant

 

Insake storting van riool en vlieëprobleem Philadelphia

 

Namens die Philadelphia Belastingbetalers-Vereniging (PBV) stel ons hiermee op rekord dat die storting van riool op die omliggende landerye steeds ‘n ernstige vlieëprobleem vir die dorp en gemeenskap skep. Op Woensdag 6 Mei 2009 het die dagbestuur van die PBV ‘n vergadering met Subraad 7 se raadslid en bestuurder, mnre Claude Ipser en Dennis Smit, ter plaatse gehad en is die probleem weereens aan hulle uitgewys.

 

Desnieteenstaande bogenoemde vergadering wil ons die volgende punte direk onder die gesondheidsdepartement se aandag bring: 

 

1. Ons is van mening dat daar ‘n onbetwiste verband tussen die storting van die riool en die vlieëplaag is.  Hoewel daar al vir baie jare melk- en varkboerderye in die Koeberg bedryf word, was daar nooit ‘n vlieëplaag soos wat sedert die aanvang van die rioolstorting ondervind word nie.

 

2. Ons is van mening dat dit ernstige gesondheidsgevare vir die gemeenskap inhou. Buiten die private huishoudings ( huiseienaars sê hulle kan nie meer gaste vir ‘n buitebraai nooi nie), is hier openbare restaurante, soos die Wimpy, die Meul en Peppertree. Dié sake-ondernemings en ander wat in die toerismebedryf werk, word ernstig benadeel.  Eienaars ondervind ook weerstand met die verkoop van eiendomme.

 

3. Die vlieëplaag kos inwoners honderde rande per maand aan gifbespuiting en teenmaatreëls. Aangesien die eiers nou in die grond is, gaan die probleem nog vir jare voortduur selfs nadat die rioolstorting gestop is.  Hoewel die stadsraad bewus is van die gesondheidsprobleem, het hy die gemeenskap van geen raad voorsien vir die beheer nie en ook geen finansiële bydrae tot ons eie pogings gemaak nie.

 

4. Ons is teleurgesteld dat klagtes van inwoners nie na behore ondersoek en hulle deurlopend op hoogte van sake gehou word nie. Met ons vorige korrespondensie van Februarie tot Mei 2008 het ons verstaan dat die Stadsraad ons op hoogte sal hou van verdere stappe wat u neem om die probleem op te los.

 

5. Die oorsprong van die probleem is ons insiens dat die Stadsraad nie betyds beplan het vir die bou van rioolverwerkingsaanlegte nie, en dat dié swak beplanning op die landelike gemeenskappe afgelaai word sonder dat die verpligte gesondheidsregulasies behoorlik nagekom en gemoniteer word.  (Boubedrywighede is bv in Table View stopgesit omdat die rioolvoorsiening onvoldoende was.)

 

6.  Ons kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat die bepalings van die kontrak tussen die stadsraad en die kontrakteur (wat die riool op die lande gooi) a) gebrekkig is, b) dit ook nie na behore nagekom word nie, c)  en dat die voorwaardes ten opsigte van die monitering nie volgens die voorgeskrewe standaarde geskied nie. 

(Ons het talle ooggetuienis van hoe rou riool (nie verwerkte riool nie, maar nat, pap en stinkende menslike uitskeiding) op die R304 van die vragmotor afval en motors en die omgewing besoedel. Ons het ook van plaaswerkers verneem dat hierdie rou riool op die (Mesech-) landerye gegooi word sonder om verwerk of ingeploeg te word. Dat dit onverwerkte riool is, het ek persoonlik waargeneem Dinsdagnamiddag12 Mei toe die vragmotor dit op die R304 gestort het - en ek  hou dit steeds in ‘n plastieksak as u dit wil sien.)

 

7. Gevolglik versoek ons die Stadsraad om die onderhawige kontrak aan ons beskikbaar te stel, tesame met die moniteringsverslae sedert die kontrak in werking getree het.  Sou dit blyk dat die kontrakvoorwaardes en gesondheidsregulasies nie nagekom word nie, sal ons verplig wees om ons te beywer dat die kontrak opgeskort word.

 

Die uwe

 

Gerrit Boonstra

Voorsitter PBV

 

Gerfstraat 6

Philadelphia 7304

Kontak: (021) 9721326, 084-2054315, gboonstra@theweb.co.za

 

A.a.            Mnr. Deon Carstens, Philadelphia Boerevereniging

                  Prof. HC de Kock, KSKL, NG Kerk, Philadelphia

                  Mnr. Dennis Smit, Bestuurder, subraad 7

                  Mnr. Claude Ipser, raadslid,  subraad 7

                         

2 comments:

  1. It seems that there might be hope in site according to the latest letter from Claude Ipser to the Rate's Payer's Association. But, even if the law is adhered to, the flies will persist for a while to come since the buggers have alreayd laid their eggs in the ground. Yet, there is light at the end of this dark annoying tunnel!

    ReplyDelete
  2. Perhaps there is light at the end of this dark annoying tunnel. I received an email forward from Gerrit this morning - the original from Claude Ipser saying that the use of human sewage on the lands was or would be suspended. Keeping fingers crossed! - Angela

    ReplyDelete

What do you think? Have your say on this posting and add a comment here-

Blog Archive

Followers