PO Box/Posbus 62, Philadelphia, 7304
_____________________________________________________________________________________________________
Per e-pos aan: reinhardt.avenant@capetown.gov.za.
Mnr Reinhardt Avenant
Brackenfell Gesondheidsentrum
Posbus 35
Brackenfell
7561
15 Mei 2009
Geagte Meneer Avenant
Insake storting van riool en vlieëprobleem Philadelphia
Namens die Philadelphia Belastingbetalers-Vereniging (PBV) stel ons hiermee op rekord dat die storting van riool op die omliggende landerye steeds ‘n ernstige vlieëprobleem vir die dorp en gemeenskap skep. Op Woensdag 6 Mei 2009 het die dagbestuur van die PBV ‘n vergadering met Subraad 7 se raadslid en bestuurder, mnre Claude Ipser en Dennis Smit, ter plaatse gehad en is die probleem weereens aan hulle uitgewys.
Desnieteenstaande bogenoemde vergadering wil ons die volgende punte direk onder die gesondheidsdepartement se aandag bring:
1. Ons is van mening dat daar ‘n onbetwiste verband tussen die storting van die riool en die vlieëplaag is. Hoewel daar al vir baie jare melk- en varkboerderye in die Koeberg bedryf word, was daar nooit ‘n vlieëplaag soos wat sedert die aanvang van die rioolstorting ondervind word nie.
2. Ons is van mening dat dit ernstige gesondheidsgevare vir die gemeenskap inhou. Buiten die private huishoudings ( huiseienaars sê hulle
3. Die vlieëplaag kos inwoners honderde rande per maand aan gifbespuiting en teenmaatreëls. Aangesien die eiers nou in die grond is, gaan die probleem nog vir jare voortduur selfs nadat die rioolstorting gestop is. Hoewel die stadsraad bewus is van die gesondheidsprobleem, het hy die gemeenskap van geen raad voorsien vir die beheer nie en ook geen finansiële bydrae tot ons eie pogings gemaak nie.
4. Ons is teleurgesteld dat klagtes van inwoners nie na behore ondersoek en hulle deurlopend op hoogte van sake gehou word nie. Met ons vorige korrespondensie van Februarie tot Mei 2008 het ons verstaan dat die Stadsraad ons op hoogte sal hou van verdere stappe wat u neem om die probleem op te los.
5. Die oorsprong van die probleem is ons insiens dat die Stadsraad nie betyds beplan het vir die bou van rioolverwerkingsaanlegte nie, en dat dié swak beplanning op die landelike gemeenskappe afgelaai word sonder dat die verpligte gesondheidsregulasies behoorlik nagekom en gemoniteer word. (Boubedrywighede is bv in Table View stopgesit omdat die rioolvoorsiening onvoldoende was.)
6. Ons kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat die bepalings van die kontrak tussen die stadsraad en die kontrakteur (wat die riool op die lande gooi) a) gebrekkig is, b) dit ook nie na behore nagekom word nie, c) en dat die voorwaardes ten opsigte van die monitering nie volgens die voorgeskrewe standaarde geskied nie.
(Ons het talle ooggetuienis van hoe rou riool (nie verwerkte riool nie, maar nat, pap en stinkende menslike uitskeiding) op die R304 van die vragmotor afval en motors en die omgewing besoedel. Ons het ook van plaaswerkers verneem dat hierdie rou riool op die (Mesech-) landerye gegooi word sonder om verwerk of ingeploeg te word. Dat dit onverwerkte riool is, het ek persoonlik waargeneem Dinsdagnamiddag12 Mei toe die vragmotor dit op die R304 gestort het - en ek hou dit steeds in ‘n plastieksak as u dit wil sien.)
7. Gevolglik versoek ons die Stadsraad om die onderhawige kontrak aan ons beskikbaar te stel, tesame met die moniteringsverslae sedert die kontrak in werking getree het. Sou dit blyk dat die kontrakvoorwaardes en gesondheidsregulasies nie nagekom word nie, sal ons verplig wees om ons te beywer dat die kontrak opgeskort word.
Die uwe
Gerrit Boonstra
Voorsitter PBV
Gerfstraat 6
Philadelphia 7304
Kontak: (021) 9721326, 084-2054315, gboonstra@theweb.co.za
A.a. Mnr. Deon Carstens, Philadelphia Boerevereniging
Prof. HC de Kock, KSKL, NG Kerk, Philadelphia
Mnr. Dennis Smit, Bestuurder, subraad 7
Mnr. Claude Ipser, raadslid, subraad 7
It seems that there might be hope in site according to the latest letter from Claude Ipser to the Rate's Payer's Association. But, even if the law is adhered to, the flies will persist for a while to come since the buggers have alreayd laid their eggs in the ground. Yet, there is light at the end of this dark annoying tunnel!
ReplyDeletePerhaps there is light at the end of this dark annoying tunnel. I received an email forward from Gerrit this morning - the original from Claude Ipser saying that the use of human sewage on the lands was or would be suspended. Keeping fingers crossed! - Angela
ReplyDelete